Vrypas (Paperback)
  • Vrypas (Paperback)
£18.95
Paperback Published: 30/04/2009
  • We can order this

Usually despatched within 3 weeks

  • This item has been added to your basket

Check Marketplace availability

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko's - en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat na tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeer geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeer vertel het want as jy die mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan. Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die "politieke kapitulasie" van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins- en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken 'n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met 'n bietjie waagmoed en 'n porsie oorgeerfde stroomopgeit uit te daag nie. Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers 'n Remington-tikmasjien present, "toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring") ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen die wat soos sy glo: "As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam."

Publisher: Protea Boekhuis
ISBN: 9781869192976

You may also be interested in...

Your review has been submitted successfully.

We would love to hear what you think of Waterstones. Why not review Waterstones on Trustpilot?


Review us on Trustpilot